hoofleiers
Pastoor Marius en Tania Swanepoel is die Hoofleiers van Huis van Heerlikheid. Hulle is passievol daaroor om mense na Jesus Christus te lei, gelowiges toe te rus vir bediening, leiers te ontwikkel en gemeenskappe deur die liefde van God te transformeer. Onder hulle leiding leef die gemeente die visie uit: “Toegerus om te dien. Gevorm om te lei.”
Ons Visie
Toegerus om te dien – Gevorm om te lei
ONS MISSIE
- Om gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk deur Bybelse onderrig en praktiese toerusting.
- Om lewens te verander en gemeenskappe te beïnvloed deur liefde, waarheid en diens.
- Om ‘n huis van God se teenwoordigheid te wees waar mense gevorm, gestuur en toegerus word.
ons geloofsbelydenis
By Huis van Heerlikheid staan die Woord van God sentraal. As deel van die Volle Evangelie Kerk van God Suid-Afrika onderskryf ons die volgende geloofsbelydenis. Hierdie geloofsbelydenis verwoord die Bybelse waarhede waarop ons bediening, aanbidding en diens gegrond is.
1. Die Goddelike inspirasie van die Bybel, die Heilige Skrif;
2. Een God, ewigdurend bestaande in drie Persone, nl Vader, Seun en Heilige Gees.
3. Die Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van die Vader, wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria, gekruisig en begrawe is, wat opgestaan het uit die dode, opgeneem is na die Hemel en nou aan die regterhand van die Vader as Middelaar sit;
4. Die duiwel of satan, ‘n werklike persoon, oorspronklik ‘n geskape wese wat as gevolg van sy oortreding uit die teenwoordigheid van God verwerp is en nou die vyand van God en mens en elke ware gelowige is;
5. Sonde, die val van die mens, en sy verlore toestand van nature;
6. Bekering tot God;
7. Wedergeboorte of die Nuwe lewe, en die doop van die gelowige deur die Heilige Gees in die Liggaam van Christus;
8. Versoening tussen God en mens;
9. Verlossing deur die bloed van Christus;
10. Reverdigmaking deur geloof in die Here Jesus Christus;
11. Waterdoop van die gelowige deur enkelvoudige onderdompeling;
12. Restitusie;
13. Die gelowige se belydenis van sonde;
14. Heiligmaking en Heiligheid;
15. Die inwoning deur die Heilige Gees in die gelowige;
16. Die doop van die gelowige in die Heilige Gees en die aandoening met krag vir getuienis en diens deur die verrese, verheerlikte Christus, as belofte van die Vader;
17. Die uiterlike teken van spraak in ander tale soos die Gees gee om uit te spreek as aanvanklike Skriftuurlike bewys van die gelowige se doop in die Heilige Gees;
18. Die negevoudige vrug van die Heilige Gees in die lewe van elke wedergebore gelowige;
19. Die negevoudige openbaring van die Heilige Gees en die volle charismatiese toerusting van die gelowige met geestelike gawes vir diens; 20. Skriftuurlike genesing van die liggaam deur Goddelike Krag;
21. Die Avondmaal of Nagmaal;
22. Die Kerk as die uitverkore gemeenskap van wedergebore gelowiges in die Here Jesus Christus;
23. Die persoonlike wederkoms van die Here Jesus Christus om sy opgewekte en verheerlikte Kerk in die lug te ontmoet; 24. Die Groot Verdrukking aan die einde van hierdie tydsbedeling;
25. Die duisendjarige vrederyk van die Here Jesus Christus onmiddellik na die Groot Verdrukking;
26. Die nuwe Hemel en die Nuwe Aarde waarin geregtigheid woon;
27. Die ewige straf van die goddelose.